Lowvelder Editor’s Pick: September 11, 2015

Other videos

to watch

The Venue Melrose Arch Conference Venue in Sandton, Johannesburg, Gauteng

Tensions in Umlazi ahead of a hijackers funeral: Cassandra Zungu

Kimbo Slice Defeats Dada 5000 With the Most Pathetic Knockout Ever

Comments

what people think about it

Garath de Kock

Garath de Kock

Sonia, as daar aspirant land regeerders in die DA is, behoort hulle nie die artikel nodig hê om "common sense" toe te pas nie. Waas was James Selfes, Arthur Trollip, Patricia de Lille en ander DA slimmes om tot Helen se verdediging te kom. Hulle stilte was oorverdowend. So wie moet nou eintlik die land regeer.

16/08/2017

bigproblem

bigproblem

Kallie/Sonia, ek stem 100% saam met wat julle sê, "maar" soos Sonia sê "Hoe hoop hulle om 'n komplekse . . .". Die punt is net dat hulle nooit die land sal regeer as hulle nie hierdie Zille-flater aangespreek het nie. Opposisie sal ongelukkig in die toekoms nie veel van 'n sê hê nie. Dit is bitterrrrr! Ongelukkig is dit realiteit en is dit beter om met 'n party saam te staan wat ten minste in baie gedeeltes van regeer slaag. lowvelder newspaper

26/06/2017

Sonia

Sonia

Dankie Kallie. Laat ons dit nou maar reguit sê: Die DA leierskap het nie wysheid getoon met hulle reaksie op die Zille twiet nie - as hulle maar net die insig van hierdie artikel ter hand gehad het sou mnr Maimane en andere in die DA moontlik tweekeer gedink het voor hulle op hulle perdjie gespring het. Hoe hoop hulle om 'n komplekse land soos SA te regeer (namens ALLE rassegroepe) as hulle so graag so polities-korrek wil wees en basies in dieselfde kraal as die ANC en EFF blêr.

31/03/2017

Teresa

Teresa

lowvelder I'd agree that the family would have been better off telling the truth right from the start, but it's possible that they couldn't *face* the truth.

19/10/2017

The Master

The Master

I wish him well.

19/10/2017

Lulukzn

Lulukzn

It has absolutely nothing to do with the public. Keep you nose out of other people's business. If they want they will share information if not, keep out!!!

18/10/2017

DevilsAdvocate

DevilsAdvocate

Oh, I agree, we are the problem and I would like to see this hero-worship of 'celebs' stop. There are many careers (nursing, teaching etc) that are far more deserving of our praise and gratitude. With regards MS's career though, I just wish to point out (and please bear in mind that my figures are rough) that other drivers doing the same job earn from £750 000. Michael by comparison earned about $20 million in 'salary' and another $20 million from marketing/merchandising/sponsorship's iirc. Granted a significant portion is due to his on track success but he definitely doubled up by selling the brand. As I said, I totally agree with your perspective on the matter, I am just playing devil's advocate in saying there is a strong argument that the right to privacy was sold with the brand and since his wife no doubt benefited from that arrangement some may even push the argument that step further... As I said, not MY point of view but just a rationale of how some may justify a different perspective.

18/10/2017

DevilsAdvocate

DevilsAdvocate

While I agree with your sentiments in general, it is one of the pitfalls of marketing oneself as a global brand. There are people who have supported him stoically throughout his career investing in that brand and as such they are genuinely interested and care about him. While I still think that does not give them the right to impose themselves on the rest of his family since they did not enter into the same arena, it is rather sad and somewhat selfish that the family deny those fans that genuinely care about him from being kept informed on his progress. It is also the kind of thing that can lead to speculation and conspiracy theories which can only make things messy. My assumption is that confronting the truth is inevitably very painful. I can totally understand why they would want to be left alone, and personally I would wish for people to respect that too, but don't forget the fans helped significantly to give him the career he had.

18/10/2017

Afrikanus

Afrikanus

Die kernvraag vir my is - het ons ooit gelewe, of is dit net 'n subjektiewe ondervinding? Ons is saamgestel uit dooie materie, die boustene van die heelal en die sterre. Soos my rekenaar, asook die vlammetjie van die 'n houtvuurtjie. As ek die rekenaar aanskakel, of asem in die vlammetjie inblaas, is dit dan lewe, of is dit maar net 'n chemiese/elektriese reaksie wat in die rigting van entropie loop? Dink die vlammetjie hy lewe? En die materie self 'n samestelling uit nog kleiner gedeeltes, quarks en al die nuwe dinge wat nie in my jare op matriekvlak se kernkragmodel bespreek was nie, en laastelik dalk net golwe en impulse uit 'n hoeer orde heelal. In die natuur kan ons sien dat alle lewe gemoeid is om oorlewing (sade gooi) dan verwelk en sterf. 'n Gesonde organisme wil nie sterf nie, nog selfmoord pleeg. Daarin kan mens reeds 'n lewensdoel sien, om te oorlewe en die omgewing so te verander dat dit die oorlewingskanse verbeter. Vir sommiges vorm geloof deel daarvan (innerlike pilaar/ewewig). Al ontdek ons eendag hoe om oneindig te lewe, sal ons steeds onderworpe wees aan die wette van die entropie, met ander woord die heelal koel af. Tensy mens nuwe natuurwette tot dan ontdek het. Die woord "gees" beteken meer as een ding in Duits. As mens die ou digters lees (voorgangers van die wetenskap, die filosowe), beteken "gees" (Geist) die menslike verstand en sy skeppingsvermoee, en nie as "siel" (Seele) in 'n godsdienstige konteks nie. In Suid-Afrika, het ek ondervind, word in die omgangstaal gees sinoniem met siel gestel.

25/10/2017

Johnnycongo

Johnnycongo

Dankie Leon Lemmer. Daar is na mening baie teologiese-filosofiese invloed onder die Afrikaner, saam met 'n maak pas (al is dit dikwels 'n sit-sit-so-in-die-kerkbanke) Christelikheid. Ek meen nou maar dat blanke (Boere) Afrikaner Calvinistiese Chauvinistiese Patriargale (Roomse) Protestante Christen Vymesselaars tog baie vollop is (hoewel hulle nog aarsel om blatant op te staan en te verkondig dat hulle die (brede) weg, die waarheid (?) en die (luukse) lewe is). Hulle verkies nog geheime benaderings, infiltrasies en geslepe boelie tegnieke, terwyl senior lede en meer as een van hulle gesaghebbende geskrifte hulle as sonaabidders identifiseer. Hierdie baie omvangryke en fundamentele denkwyse invloede word nog glad nie as deel van die SWOT analiese vir Afrikaner Strategiebepaaling en Afrikaner toekomsdenke erken nie. Dan natuurlik die groot vraag: is ons hier op aard met 'n doel vir ons sewentig of tagtig jaar in die lewe, of is dit nou maar van niks tot niks en sonder doel behalwe om instinktief (ook in die nuwe Nuwe SA) dag na dag voort te ploeter en regeringsflaters op TV te kyk, met of sonder rassistiese brille, regse bulle en linkse professors? I think (me, me, me!), therefore I am ...

24/10/2017

leonlemmer

leonlemmer

In die vierde laaste paragraaf hier bo skryf ek: "Van Niekerk oorbeklemtoon die liggaamlikheid van die mens en onderbeklemtoon die belangrikheid van die geestelike dimensie." Hiervoor kan daar 'n politieke rede wees. Francis S Collins (The language of God, London: Pocket Books, 2007) skryf: "Humans and chims [chimpanzees – "our closest living relative[s]", p 137] are 96 percent identical at the DNA level" (137). "At the DNA level, we [humans] are all 99.9 percent identical" (125). '[A] tiny fraction (0.1 percent) of the human DNA ... differs from person to person" (240). DNS het uitsluitlik met die mens se liggaam te make; glad nie met sy gees nie. By geleentheid het Van Niekerk in 'n artikel in Die Burger DNS misbruik om die beweerde gelykheid en eendersheid van mense te beklemtoon. Soortgelyke misleiding word gepleeg deur diegene wat graag beweer dat bv apartheid uitsluitlik op grond van velkleur teen mense gediskrimineer het. Die waarheid is dat mense in groter mate geestelik, bv kultureel, as liggaamlik verskil. Dit is in geestelike opsigte, bv die manier waarop mense dink en doen, dat hulle radikaal kan verskil; dermate dat mense in sommige opsigte liewer nie saamgehok moet word nie maar toegelaat moet word om vryelik hulleself uit te leef tussen mense waarmee hulle verkies om te assosieer. In sy resensie van Van Niekerk se boek onderskryf die teoloog André Bartlett een van my besware, naamlik Van Niekerk se siening dat dood die (hoof)singewer in 'n mens se lewe is (Netwerk24 en Die Burger, 23 deser).

24/10/2017

'ed

'ed

That's such a good way of describing it.

08/10/2017

'ed

'ed

What is wrong with us humans that we seem intent on destroying our home?

08/10/2017

Padraigin Eagle

Padraigin Eagle

newspaper Thanks; and I'm pleased you see it too, 'ed.

08/10/2017

'ed

'ed

+2

08/10/2017

'ed

'ed

Google glyphosate sometime. Then weep.

08/10/2017

Padraigin Eagle

Padraigin Eagle

Lying D1cks: "The threat is unclear, or so we tell the asheep that we shear". Not to mention the geoengineered plains, aluminium and assorted chemical toxins sprayed and arrayed from the Cabal planes, the trees and plants and flowers draw upon the land poisoned with each and every spray shower, whilst cellphone towers irradiate with 5G powers, but then who cares, as "food" can be made in laboratories and 3D factories, and robots prefer 3-in-one, zombie heaven, 'tis almost done, HAARP and Smart Meters, fried just in time for the grim reapers.

07/10/2017

robmanzoni

robmanzoni

A good question - which probably will not be answered. Then there's this "...- Make police members pay for firearms they lose, and dismiss repeat offenders;..." If I "lose" my firearm, I will end up in jail... If a police officer is made only to "pay for" her/his firearm in the first offence; and is only dismissed if (s)he does it again, there's something not kosher in the way we view such negligence. A police officer's paying for a "lost" firearm can be built into a transaction in which the officer sells the gun to a third party. It just pushes the price up for the purchaser...

01/11/2017

Onedtent

Onedtent

WHY IS GUN FREE SOUTH AFRICA NOT COMMENTING ON THIS ARTICLE??????? (Excuse my shouting!)

31/10/2017

theCommentator

theCommentator

How DailySun did not consult a strong sangoma. I am dissapointed.

08/11/2015

Mr Domestos

Mr Domestos

Net so. Ons moet ook dalk kyk hoe ander nasies dit reggekry het om te oorleef en 'n paar "tips" by hulle kry oor strategie. Voorts is dit ook baie gekompliseerd vir ons as monochronics om in 'n polychronic gemeenskap te funksioneer. Dit is eers wanneer ons die ander kant se denke, patrone en taktiek verstaan dat ons aan oplossings kan begin werk.

18/10/2017

Mr Domestos

Mr Domestos

18/10/2017

Mr Domestos

Mr Domestos

Geen sarkasme van my kant - jou skerp "Kwien" verwysing is dit werd. Ek het elke dag te doen met die verdraaiing van Sus Liz se beste - ek woon in Eurasia...

18/10/2017

Karel Combrinck

Karel Combrinck

Dankie dr Dan. Dis nodig om skerp en diep te sny. Net een klein sakie: die uitdrukking "laer trek". Dis so dat die Engelse die uitdrukking probeer gebruik om enige poging tot die handhawing van die Afrikaners se identiteit belaglik te maak. Maar die begrip "laer trek" sal net belaglik wees as ons toelaat dat dit belaglik gemaak word. Inteendeel moet ons trots wees op die afkoms van die uitdrukking "laer trek", want dit wys terug na die dae toe ons op heroïese wyse ons waens in die rondte gespan het om bloeddorstige en barbaarse hordes die hoof te bied. Is dit nie nou juis tyd dat ons weer laer trek nie?

18/10/2017

boerseun

boerseun

Die dinge werk in siklusse - kinders wat teen hul ouers se politiek rebelleer. Van konserwatief na liberaal, en dan weer terug na konserwatief (hopelik)! Maar, ja: Ek het desondanks geen begrip of respek vir diegene wat hul voorouers, hul herkoms, hul geskiedenis en hul taal verraai nie!

18/10/2017

boerseun

boerseun

'n Ooglopend liberale en/of moedswillige Hollandse vrou op skoolbesoek in die stad hier naby my, het my verlede week gevra hoekom my kinders in die (wit) Afrikaanse skool is en nie in die Engelse (ras-gemengde) skool nie. Ek moes - tot haar skok - aan haar verduidelik dat ons Boere is en dat ons vry wil wees in ons eie vadeland, vry om ons eie taal - Afrikaans - te praat, vry om ons kinders in Afrikanse skole te plaas, vry om hulle in Afrikaanse universiteite te plaas, ens. Ook dat ons Boere nie stem nie en nie die ANC regime erken nie! Hoekom mag hulle kinders in Nerderland in Nederlands onderrig word, maar ons kinders moet in Engels skoolgaan? Mag ons Boerekinders nie in hul moedertaal onderrig word nie? Net soos die Duitsers, Franse, Hollanders, ens.

18/10/2017

Johnnycongo

Johnnycongo

Ek pas weer gelees oor "strategie". Ons is nog in die "oude doos". Ons (Boere) Afrikaners het skynbaar nie 'n perspektief oor wat dit verg om weer by "eendrag maak mag", effektiewe selfbestuur en volhoubare selfbeskikking, - los van teen-produktiewe sisteme en stelsels, - uit te kom nie. Dit verg, nes jy noem, Mr Domestos, elke greintjie verbeelding, inisiatief, samewerking en volharding! Helaas ...

17/10/2017

Charles

Charles

Pragtig! Net soos Jan Rabie kon. So eenvoudig; kort - dog so, so kragtig en meesleurend.

17/10/2017

Mr Domestos

Mr Domestos

Johnny, jy weet mos ons Afrikaners hou nie van "waves" maak nie - tensy iemand anders dit doen en dan kan ons rustig op die stoep sit met 'n koffietjie en dit dophou met gepaste kommentaar. Maar, jou kommentaar oor die ATKV ens laat my dink oor hoekom ons Afrikaanse instellings nie die Britte aanvat in 'n internasionale hof oor die ABO nie - dit was mos gedokumenteerde genocide? Straks kan ons die liberale linkses se skuldgevoel gebruik om 'n voet in die deur te kry oor selfbeskikking?

17/10/2017

Mr Domestos

Mr Domestos

Nee, dit gaan beslis nie werk nie. Alhoewel ek baie trots is op Afrikaans, is Engels ongelukkig broodnodig vir ons voortbestaan. Deur eentalig te wees marginaliseer ons onsself net. Deur Engels te verklaar as die taal van die onderdrukker is presies wat die swartes (en ander lande ook) voorheen met Afrikaans gedoen het en plaas ons op gelyke vlak met hulle. 'n Groot NEE. Voor 1994 het alle amptelike korrespondensie in die weermag en staat elke maand gealterneer - een maand Afrikaans, die volgende maand Engels. Dit het verseker dat almal 'n werkbare kennis het van die taal sonder om te verengels. Deur net Afrikaans te ken sluit jy alles uit wat nodig is om te oorleef, veral wat tegnologie aanbetref. Die meeste Afrikaners moet ook werk in Engels - dit het niks met pretensie te doen nie, maar oorlewing. Deur met net Afrikaans internasionaal te probeer reis en werk gaan jou nêrens bring nie. Ongelukkig moet ek werk in Engels en selfs my skoolduits en elementêre kennis van ander tale is baie maal nie genoeg om probleemvry dinge te doen nie.

17/10/2017

Charles

Charles

JC Kannemeyer het ook 'n uitmuntende biografie oor Jan Rabie geskryf, dit behoort seker ook goed te wees. Ek het nou reeds al 'n paar van Kannemeyer se biografiee gelees ("Leroux, 'n Lewe"; Uys Krige: "Die Naamlose Muse"-uitstekend!! - dis meer 'n samestelling van Krige se opstelle en essays; D.J Opperman: 'n Biografie- nog nie gelees nie; volgende op my lys is: "Ek ken jou goed genoeg. Die briefwisseling tussen N.P. van Wyk Louw en W.E.G. Louw 1936-1939" ; ek besit ook Kannemeyer se biografie oor J.M. Coetzee, maar daarin stel ek kwalik belang in -VIR OOGLOPENDE REDES), maar ek kan werklik nie kla oor JC Kannemeyer nie). Kannemeyer was 'n Meester (R.I.V.).

17/10/2017

Charles

Charles

Sal dit dan eerder maar nie lees nie Leon, net-nou kry ek 'n hartaanval.

17/10/2017

Charles

Charles

Dankie Owen, jy's oulik!

17/10/2017

Charles

Charles

Dankie Dr. Dan, jy's die absolute beste!

17/10/2017

Johann Schutte

Johann Schutte

Netso. CDL, langste politieke gevangene ooit in SA vir sy ondersteuning van die Afrikanersaak, was `n Engelsman. Bless him. Maar meer belangrik: Hulle mis die punt. Die geveg is nie tussen Afrikaner en Engelsman nie. Dis baie groter. Dit gaan oor beskawingsoorlewing versus barbarisme. En daar is proporsioneel meer konserwatiewe Engelse in Engeland as konserwatiewe Afrikaners in SA, soos wat BREXIT mooi aandui.

16/10/2017

Owen in Durban

Owen in Durban

Ek praat Afrikaans hier op die Bluff in Durban, elke dag.

16/10/2017

Johnnycongo

Johnnycongo

Dis 'n gedoente. Onthou my 20 jaar (kortgeknipde) SA Vlootloopbaan was ferm op die Royal Navy se very British fondasie gebou, en die internasionale sendinggemeenskap is ook maar in die Engels (en die KJV) geskoei. Ongelukkig, ook in die Afrikaner se tans nog halfgebakde selfbeskikkingsaanloop, praat die regering en ander daar ver buite die kraalmuur en plaashuis se stoep, Engels! Maar tereg, waarom het PRAAG en die ATKV of FAK nog nie die hele mensdom sover kon kry om almal Afrikaans te praat nie! Ek is self skuldig;- deel te veel Engelse, Spaanse, Portugeuse, Franse, Zulu, Chetshewa en Lingala Bybels uit (op verkeerde plekke?). Om te sit-sit-so op die stoep en te "bring nog koffie ou vrou!" of te sit-sit -so hoera! of te sit-sit-so halleluyah! gaan na mening nie die taal of die selfbeskikkingswa deur die drif trek nie. (NS. Jy mag ook nie vrae in Afrikaans vra nie ... )

16/10/2017

Charl Coetzee

Charl Coetzee

Wat my die duiwel in maak is die klomp Afrikaners wat deesdae hulself in Engels moet uitdruk. Hulle kan nie meer hul eie taal praat nie. Veertig persent van hul woorde is al in Engels. So as of Afrikaans nie goed genoeg is nie. Om nie eers van Kyknet te praat nie .... Of soos Jan F E Celliers in sy gedig "Trou" dit stel: "Ek hou van 'n man wat sy moeder eer, in die taal uit haar vrome mond geleer, die verraaiersgeslag in sy siel verag wat, haar verstotend, homself kleineer."

16/10/2017

John

John

Tsssja ! Ons moet ook maar onthou dat oorlede oom Derby Lewis nie juis veel hulp gekry het van sy Afrikaanse kolegas toe hy in die tronk vergaan het nie. Wie's volgende oppie teiken bord Dan ?

16/10/2017

Johann Schutte

Johann Schutte

Die kalkoen het ook `n reg om gevoer te word.

16/10/2017

Johann Schutte

Johann Schutte

Vertel ons meer van jou persoonlike genitale eienskappe, dan brei ek verder op Standpunt hierbo se menig uit uit oor die psigologiese implikasies.

16/10/2017

Johann Schutte

Johann Schutte

PC alarm! Jy moet nou nie die vrou reduseer tot die geassumeerde implikasies van haar haar genitale konstellasie nie. Hoewel dit nog altyd vir my gewerk het, moet ek erken.

16/10/2017

Johann Schutte

Johann Schutte

Afrikaners wat die Engelse beskuldig is soos `n agtergeblewene wat apartheid verantwoordelik hou vir sy onderprestasies. `n Bietjie eerlike introspeksie is nodig. Eksternalisering van lokus van beheer kenmerk die ongesonde volk/individu, soos mooi gedemonstreer deur Max en die VFminus. En hiermee ontken ek hoegenaamd nie die bose intensies van pax-americana oor eeue nie.

16/10/2017

Ou Transvaal

Ou Transvaal

Die Engelsman het groter moeilikheid as wat ons dink , hulle land is reeds deur diversiteit totaal verlore en dit is moontlik die rede vir hulle verengelsing drif ....daar is immers nie meer baie plekke oor waar die Brit na kolonialisme welkom is nie . Die Engelsman sal wel by die plek kom waar hy sy lot by ons ingooi of verswelg gaan word . Suksesvolle verengelsing het veroorsaak dat die Engelsman se kinders in hul eie skole verdryf is deur die volkies , dit ten koste van die Engelsman se eie kultuurgoedere Ek vind verontengelsing werkbaar deur voltyds die drywers van die "lewenswyse " belaglik te maak , gesien in die Afrika -opset en om veral met tele-verkope stompsinnig slegs Afrikaans magtig te wees ..gevolg... minder drukverkopers , sterk twyfel by televerkoper dat sy ouers se besluit om te verengels hom nou 'n pos gaan kos en om besighede te te verplig om my mense in diens te neem .

16/10/2017

leonlemmer

leonlemmer

Dit is 'n redelik bekende maar myns insiens oormooigeskryfde allegorie.

16/10/2017

Dan Roodt

Dan Roodt

Ek het nou na haar verhandeling gaan kyk. Jy is reg: Merkwaardig dat ‘n Afr skrywer ‘n Afrikaanshater vir ‘n dogter kan hê!

15/10/2017

Rifrug

Rifrug

" ... jou artikel herinner my aan Jan Rabie ..." Leon, as jy 'n tydjie het, lees asb. die skakel hieronder. Dit is Droogte - deur Jan Rabie. Sou graag jou siening daarvan wou hoor! http://praag.co.za/?p=12878

15/10/2017

Owen in Durban

Owen in Durban

15/10/2017

Dave

Dave

Reg Dan Roodt, ek haat dit om jòu as persoon direk aan te val want (en by ondermeer het ek in in forums waar Steve Hofneyr (sp) lof toegeswaai is, joú naam voorgehou), die geveg is polities en nie persoonlik. Jy jouself het al my kommentare ge-duim-op. Waar op aarde het Praag ooit iets beteken vir blankes in Suid Afrika? Wys asseblief 'n skakel. Julle kla en kla en kla net. Ek lief jou politiek maar julle kritiseer enigeen wat nie Praag is nie? En indien jou naam nie Dan Roodt is nie, moet nie op my skrywe kommentaar lewer nie want ek sal jou ignoreer. Ek is bloot nie net verstom maar teleurgesteld oor die papegaai-praat in die forum. Almal probeer slegs 'n vorige kommentator tevrede stel. Wees oorspronklik en eie in die forum en jy sal respekteer word selfs al verskil jy van die algemene opinie.

15/10/2017

Afrikanus

Afrikanus

Ek het sekere mense geken wat dalk meer lig op die onderwerp "Natal Duitsers" kan gooi (hulle was saam met my op skool) en nog in daardie kringe rondbeweeg. Ongelukkig het ek kontak met hulle verloor, maar ken maniere om hulle weer in die hande te kry. Uit my eie ondervinding kan ek net noem dat my generasie se mense, die kinders van die ouers generasie, sekerlik die taalidentiteit aangeneem het van waar hulle vandag bly. Diesulks wat by Hermannsburg (Natal) koshuis toe gegaan het, sal meer Engels wees. Hermannsburg was eens deur die Duitse regering subsidieer en was meer liberaal (my pa wou my weens hierdie rede nie daarnatoe stuur nie). Dan kry mens skole soos Wartburg, waar die koshuis redelik Duits was, die skool se onderwysers meestal sook, maar dit was 'n Engelse regeringsskool, wat die Natal Senior Certificate uitgereik het (die naam van die matrieksertifikaat in die 1970er-1980er jare). Natal was 'n meer Engelse provinsie en dit is die mark waar jy vrou gaan soek as jy daarso bly, skat ek. Van die Duitsers wat saam met my skool klaargemaak het, werk in Natal, so hulle sal sekerlik eerder Engels wees, ander het weer Pretoria toe getrek en sal meer Afrikaans wees. Dit hang sekerlik ook af waar die mense diensplig gedoen het. Daar bestaan klomp Engelse eenhede in Natal, b.v. die Natal Carbineers. AS mens daarso diensplig gedoen het, en in Natal werk gekry het, dan kan ek myself voorstel dat so iemand meer Engels sou geraak het. Die Duitsers begin te krimp, en dit het 'n invloed op kerkfinansies. So hulle werf lede uit ander bevolkingsgroepe - in Natal sekerlik meer Engelssprekendes (maar dit hang af waar die kerk gelee is) en in Pretoria meer Afrikaanssprekendes. En hulle begin hand uit te reik om bande met Duitsland weer te versterk, met ander woorde die Evangeliese Vrykerke van Suid-Afrika (googel FELSISA, die een biskop was saam met my op skool, selfde kamer in die koshuis) het weer by die Wereldraad van Kerke (WVK) aangesluit. Die FELSISA kerke het van die Evangeliese Luterse Kerke van Suid-Afrika (ELKSA) weggebreek (en mens sal dit nerens lees nie, dit wat daar gevind word is onvolledig, maar ek weet dit, want ek was deel van die kerk toendertyd) omdat die ELKSA nie hulle lidmaatskappy van die WVK wou opgee nie. Die pastore van die ELKSA het geld vir die "vryheidsvegters" van Suid-Afrika versamel (my pa was op die direksie van so een kerk, en het uit protes uitgetree, die ander was te slapgat en het gemaak asof dit nie waar was nie). Dit is moeilik om 'n Duitser in Suid-Afrika te bly. Want hulle gemeentes raak te klein, dus waar soek jy vrou? Die wat ek geken het, het na skool oor die hele land en wereld versprei, hulle is te dun gesaai. Ek was nog baie Duits, maar ook baie Afrikaans (meestals Pretoria gebly). Die Duitse skole kry skaars meer subsidie uit Duitsland, en as hulle personnel kry, dan linkse onderwysers uit Duitsland (Suidpunt moet bietjie met die eienaar van Hutten Buchdienst hieroor praat, dit sal nogal heel insiggewend wees om te hoor wat hy in hierdie opsigte ondervind het). Die Duitse skool van Pretoria lyk al soos Mamelodi High, en Johannesburg en Kaapstad is niks beter nie. Die WWII en ouer generasie is 'n ander saak. Baie Natalse suikerriet boere het destyds die Gryshemde en senator Weichardt ondersteun. Ek skat Werner Weber van die VF+ klink ook soos 'n eks Natal Duitser, sal moet uitvind by my kontakte. Ek weet van pogings wat aangewend was (ek beskik eerstehandse korrespondensie hieroor - jy sal dit nerens anders kry nie) om daardie boere as 'n blok te kry om tenminste F.W. en die NP in Natal uit die setel te lig. Senator Weichardt. As julle wenkbroue oor hierdie webblad en sy ooreenstemmende bakkiesblad teenwoordigheid lig - ek ook. Dit word bedryf deur 'n eks SAW offisier met 'n redelike anti-Duitse inslag. Wat steek daaragter? Suid-Afrika se grensoorlog in Britanje as positief te bemark en daardeur fondse vir oud SAW veterane te ontvang? Erens ook 'n konneksie met Kaapstad se Holocaust museum - hmmm? https://samilhistory.com/2017/07/16/mein-kampf-shows-the-way-to-greatness-for-south-africa-the-ossewabrandwag/

15/10/2017

leonlemmer

leonlemmer

Dan, jou artikel herinner my aan Jan Rabie wat in 'n stadium besluit het om nie Engels nie en slegs Afrikaans te praat. Elsa Joubert noem dit in haar boek Reisiger. Jy verwys na Etienne van Heerden. Sy dogter, Menan, het verlede jaar in sosiale antropologie aan die Universiteit Stellenbosch 'n magisterverhandeling voltooi met die volgende titel: "Afrikaaps: a celebratory protest against the racialised hegemony of 'pure' Afrikaans." In dieselfe gees en ook in Engels het sy onlangs 'n ellelange artikel op LitNet (Seminare en essays, 11 Oktober) gepubliseer met as opskrif: "Afrikaans: the language of dissent." Vir enige Afrikaner wat graag die moer in wil raak, is dit verpligte leesstof. Hoe is dit moontlik dat die kind van 'n Afrikaanse skrywer in so 'n radikale mate kan ontaard?

15/10/2017